
Raak betrokke by Hoërskool Montana
Ontdek borgskap-, advertensie- en projekgeleenthede waar besighede, ouers, oud-Monties en ondersteuners ’n praktiese verskil kan maak.
Borgskappe | Advertensiegeleenthede | Sportbehoeftes | Ondersteuningsfonds | Groot Projekte | Gemeenskapsimpak
Borgskaphub
Kies waar jy wil betrokke raak
Elke projek het sy eie behoeftes, blootstelling en bydraevlakke — van klein bydraes tot groot langtermyn vennootskappe.
Hokkie Astro Projek
Ondersteun een van Montana se mees sigbare sportprojekte. Die astro is geleë in ’n hoë-verkeer area naby die netbalbane en Die Korf.
Ondersteuningsfonds & Talentbehoud
Help om talentvolle leerders en atlete in die Montana-gemeenskap te behou en te ondersteun.
Sportbehoeftes
Kies ’n sportsoort en sien praktiese behoeftes soos klere, toerusting, event-borge, spanondersteuning en fasiliteitsbehoeftes.
Advertensieborde
Kry sigbaarheid by Hoërskool Montana deur jaarlikse advertensieborde op besige strate en prominente skoolareas.
Bemarkingsgeleenthede
Adverteer deur D6, Facebook, tuiswedstryde, uitstallings, dagboeke, pamflette en ander skoolkommunikasiegeleenthede.
Akademiese Borge
Ondersteun akademiese geleenthede, leerderontwikkeling, toere, akademiese prestasie en projekte wat Monties se kenniswêreld verbreed.
Kultuur Borge
Ondersteun Monties se kultuur-, koor-, kuns-, redenaars-, drama- en leierskapprogramme.
Gimnasium / Baksteen Projek
Help bou aan ’n nuwe prestasie-gimnasium wat verskeie sportsoorte, kondisionering en leerderontwikkeling sal ondersteun.
Die Baksteen Projek word binnekort op KlubMonties se nuwe webblad geloods. Die skakel sal hier bygevoeg word sodra dit beskikbaar is.
Algemene Borgskap
Weet jy nog nie waar jou besigheid die beste pas nie? Kontak ons en ons help jou om die regte geleentheid te kies.
Hoekom by Hoërskool Montana betrokke raak?
Groot plaaslike ouer- en ondersteunersgemeenskap
Sterk akademiese, sport- en kultuurprestasies
Sigbaarheid by skool-, sport- en gemeenskapsgeleenthede
Verskeie borgvlakke vir klein en groot besighede
Geleenthede vir langtermyn gemeenskapsimpak
Ondersteun akademiese ontwikkeling en internasionale leergeleenthede
Help leerders wat andersins nie sekere geleenthede sou kon bekostig nie
Bou saam aan sport, akademie, kultuur en gemeenskapsimpak
Artikel 18A-sertifikate kan uitgereik word vir kwalifiserende donasies, waar toepaslik
Hoe werk dit?
Kies ’n projek of geleentheid
Kontak ons vir besonderhede of ’n pasgemaakte voorstel
Ons finaliseer goedkeuring, blootstelling en dokumentasie
Belastingvoordeel
Artikel 18A vir kwalifiserende donasies
Hoërskool Montana kan, waar toepaslik, ’n Artikel 18A-sertifikaat uitreik vir kwalifiserende donasies. Die beskikbaarheid daarvan sal afhang van die aard van die bydrae en hoe die borgskap of skenking gestruktureer word.
Donateurs en besighede word aangeraai om hul eie belastingadviseur te raadpleeg oor die hantering van hul spesifieke bydrae.
Vra oor Artikel 18ASien jy ’n projek wat by jou besigheid pas?
Gesels met ons oor advertensie- en borgskapopsies – groot of klein.
Sport
Sportsoorte met huidige borgbehoeftes
Ons werk deurlopend saam met sportorganiseerders om praktiese behoeftes en borgbare geleenthede op te dateer.
Advertensie
Advertensiegeleenthede by Hoërskool Montana
Wil jy jou besigheid sigbaar maak in die Montana-gemeenskap? Hoërskool Montana bied verskeie advertensiegeleenthede vir plaaslike besighede — van advertensieborde en digitale platforms tot pamflette, dagboeke en blootstelling tydens tuiswedstryde.
Pamflette
Versprei jou besigheid se pamflet deur die skool.
R1 250
- Hele skool: R1 250
- ±1 700 leerders kry pamflette
- ±1 330 huisgesinne
- R1.50 per pamflet indien nie die hele skool nie
- Pamflette moet vooraf in pakkies uitgetel word
Facebook-Vrydag
Adverteer op die skool se Facebookblad.
vanaf R500
- R500 vir ’n plasing op ’n Vrydag
- R1 000 vir ’n plasing op ’n Vrydag en ‘pin’ bo-aan die blad vir die volgende week
D6 Communicator Banner
Kry digitale blootstelling op die skool se D6-kommunikasieplatform.
vanaf R800
- 1 week: R800
- 2 weke: R1 350
- 3 weke: R2 000
- 1 maand: R2 400
LED Elektroniese Bord
Adverteer op ons volkleur LED-elektroniese advertensiebord.
R1 000 per week
- Max 4 weke per bespreking
- Bordgrootte: 7441 w x 2623 h (piksels)
- Volkleur elektroniese bord
- Gee ander besighede ook ruimte om te adverteer
Plakkate
Plaas jou advertensie op sigbare punte by die skool.
R600
- R600 vir 2 plakkate
- Een plakkaat by die kennisgewingbord
- Een plakkaat by die kafeteria
- Tydperk: 1 maand
Webtuiste
Adverteer op die Hoërskool Montana-webtuiste.
vanaf R450 p.m.
- R450 per maand
- R850 per kwartaal
- R3 000 per jaar
- Advertensies op die tuisblad
- Webtuiste word gereeld opgedateer
Advertensieborde
Kry langtermyn fisiese sigbaarheid op besige strate en prominente skoolareas.
R4 600 – R11 000
- Jaarlikse opsies beskikbaar
- Pryse vanaf R4 600 tot R11 000 vir 12 maande
- Opsies by Dr. Swanepoel, Sesdeweg, swembadheining, netbalbane, tennisbane en hokkiebaan
Dagboekadvertensies
Kry sigbaarheid in die leerder- en/of personeeldagboeke.
vanaf R5 000
- Leerderdagboek: R5 000
- Leerder- en personeeldagboek: R7 500
- Personeel en leerders gebruik die dagboek daagliks
Blootstelling tydens tuiswedstryde
Wees fisies teenwoordig by uitgesoekte tuiswedstryde of sportgeleenthede.
R3 000 per byeenkoms
- R3 000 per byeenkoms
- Gazebo en/of bemarkingsmateriaal
- Pamflette, water of geskenke kan uitgedeel word
- Motorhandelaars kan tot 3 voertuie vertoon indien vooraf gereël met die bemarker
Advertensieborde
Advertensieborde bied jaarlikse sigbaarheid op besige strate en prominente areas rondom die skool.
Advertensiepakkette
Vir besighede wat meer as een advertensiekanaal wil kombineer, is daar ook pakkette beskikbaar.
R1 750
Waarde: R2 100
- Webtuiste vir een kwartaal
- Pamflette vir hele skool
R9 000
Waarde: R10 100
- Webtuiste vir een jaar
- Pamflette x 2
- Advertensiebord 1
R17 000
Waarde: R19 400
- Klein advertensiebord 1
- Groot advertensiebord 2
- Webtuiste vir een maand
- D6 Communicator vir 1 week
Alle advertensiegeleenthede is onderhewig aan beskikbaarheid, finale goedkeuring en skoolbeleid. Ontwerp, drukwerk en installasie kan addisionele kostes hê waar toepaslik.
Wil jy adverteer by Hoërskool Montana?
Kontak Chris-Mari om beskikbaarheid, die beste opsie vir jou besigheid en die volgende stappe te bespreek.
Kontak Chris-MariKontakpersoon
Chris-Mari Holtzkamp
Hoërskool Montana Borgskappe & Advertensiegeleenthede
Selfoon
079 874 1044
E-pos
advertise@hsmontana.co.za
Sportborgskap
Raak betrokke as ’n borg by sport
Kies ’n sportsoort om huidige behoeftes, borggeleenthede en moontlike bydraes te sien. Elke bydrae — groot of klein, in kontant of in natura — help om ons leerders praktiese ondersteuning te bied.
Vir sportsoorte sonder ’n gedetailleerde profiel — behoeftes word binnekort bygevoeg.
Praktiese behoeftes
Huidige sportbehoeftes en borggeleenthede
Hierdie behoeftes is saamgestel vanuit gesprekke met sportorganiseerders. Die doel is om praktiese, borgbare geleenthede sigbaar te maak sodat ouers, besighede en ondersteuners kan kies waar hulle wil help.
Alle borggeleenthede is onderhewig aan finale goedkeuring deur Hoërskool Montana. Waar geborgde items gebrandmerk word, sal die skool eers kwotasies en finale goedkeuring bevestig.
Borg ’n sportkode of ’n spesifieke behoefte
Kies ’n behoefte hierbo en stuur vir ons ’n WhatsApp – ons stuur die volledige inligting deur.
Akademiese Borge
Hoërskool Montana wil nie net op sport- en kultuurvlak groei nie, maar ook akademiese geleenthede skep wat leerders se wêreld verbreed. Akademiese borgskappe help om leerders blootstelling, ervaring en ontwikkeling buite die klaskamer te gee.
Uitgeligte geleentheid
Akademiese Toer na Ysland 2027
In Junie 2027 onderneem Hoërskool Montana ’n akademiese toer na Ysland. Hierdie toer bied leerders ’n unieke internasionale leerervaring, maar bring ook groot finansiële kostes mee.
Behoeftes
- Toer-hoodies vir maksimum 30 persone
- Geskatte koste: ±R500 per hoodie
- Ondersteuning vir leerders wat finansiële hulp benodig
- Die toer beloop ongeveer R80 000 per persoon
- Besighede of individue kan ’n leerder gedeeltelik of ten volle help ondersteun

Moontlike borgskapopsies
- Borg 1 hoodie: ±R500
- Borg 5 hoodies: ±R2 500
- Borg 10 hoodies: ±R5 000
- Borg alle hoodies: ±R15 000
- Dra by tot ’n leerder se toerfonds
- Borg ’n gedeelte van ’n minderbevoorregte leerder se toer
- Word ’n akademiese ontwikkelingsvennoot
Moontlike erkenning
Borge kan, afhangend van die aard en grootte van die bydrae, erkenning ontvang op die borgskapblad, sosiale media, projekkommunikasie en waar toepaslik op toerkommunikasie of oorhandigingsfoto’s.
Ek wil ’n akademiese borgskap bespreekKultuur Borge
Kultuur vorm ’n belangrike deel van Hoërskool Montana se identiteit. Deur kultuurborgskappe kan besighede help om talent, selfvertroue, kreatiwiteit en leierskap by leerders te ontwikkel.
Spesifieke kultuurbehoeftes en borggeleenthede sal deurlopend bygevoeg word soos dit deur organiseerders gefinaliseer word.
Moontlike erkenning vir borge
Borge kan erkenning ontvang deur toepaslike kultuurkommunikasie, sosiale media, programvermeldings, foto’s, dankie-plasings en waar moontlik sigbaarheid by kultuurgeleenthede.
Ek wil kultuur ondersteunTalentbehoud
Die Gemeenskapsondersteuningsfonds
Hoërskool Montana kompeteer reeds suksesvol teen van die sterkste skole in Gauteng en neem gereeld deel aan topvlak sport- en kultuurkompetisies. Om hierdie standaard te handhaaf en verder te verbeter, is dit noodsaaklik dat ons talentvolle leerders uit ons voedingsgebied by Montana kan bly ontwikkel.
Baie van hierdie leerders ontvang beursaanbiedinge van ander skole en word dikwels gewerf voordat hulle hul hoërskoolloopbaan begin. Deur die Talentbehoudfonds wil ons die geleentheid skep om belowende leerders met uitsonderlike sport-, kultuur- of akademiese potensiaal by Hoërskool Montana te hou.
Hierdie fonds gaan nie net oor individuele leerders nie – dit gaan oor die langtermyn volhoubaarheid van uitnemendheid by Montana. Deur in talentvolle jongmense te belê, help borge om die volgende generasie Monties te ontwikkel en te verseker dat ons skool steeds op die hoogste vlak kan meeding.
Jaarlikse koste per leerder
± R50 000 per jaar
Moontlike borgpakkette
Kies 'n pakket wat jou pas
Goudvennoot
R50 000+
Volle leerderondersteuning
Ontvang
- Hoofblootstelling
- Erkenning op platforms
- Sertifikaat van impak
- Uitnodigings na funksies
- Media-erkenning
Silwervennoot
R25 000+
Gedeeltelike ondersteuningsbydrae
Ontvang
- Erkenning op platforms
- Sertifikaat van impak
- Uitnodigings na funksies
Bronsvennoot
R5 000 – R15 000
Gemeenskapsbydrae tot ondersteuningsfonds
Ontvang
- Erkenning op platforms
- Sertifikaat van impak
"Saam maak ons 'n verskil"-vennoot
Maandelikse bydrae
Klein bydraes van besighede wat saam 'n leerder ondersteun
Ontvang
- Erkenning as deel van die vennootegroep
- Sertifikaat van impak
"Help ons om Montana-talent in Montana te hou. Vandag se belegging in 'n leerder word môre se suksesverhaal vir ons skool en gemeenskap."
Projekoorsig
Die Monties Gimnasium Projek
Die Monties Gimnasium is ’n goedgekeurde fasiliteitsprojek wat ontwerp is om die skool se sport- en leerderontwikkelingsomgewing te versterk. Die ligging, planne en konsep is reeds beskikbaar. Die volgende stap is om strategiese vennote te betrek wat kan help met befondsing, konstruksie, materiaal, toerusting, dienste en kundigheid.
Nuwe gimnasiumfasiliteit met goedgekeurde planne
Geleë naby die atletiekbaan en hoofpawiljoen
Ontwerp vir verskeie sportkodes en ontwikkelingsbehoeftes
Gimnasium-areas, oefenruimte, hardloopbaan, mans- en damesfasiliteite, ontvangs en ondersteuning




Ons visie
Meer as ’n projek. ’n Belegging in jongmense.
Hoërskool Montana se visie is om ’n omgewing te skep waar jongmense nie net akademies groei nie, maar ook fisies, emosioneel, sosiaal en as leiers ontwikkel. Die nuwe gimnasium-projek en die talentbehoud- en ondersteuningsinisiatief vorm deel van ’n groter plan om Montana se jongmense in hul eie gemeenskap te ontwikkel, te behou en toe te rus vir die toekoms.
“Ons bou nie net fasiliteite nie. Ons bou geleenthede, karakter en toekomsmoontlikhede.”
Fokus
Twee strategiese prioriteite
Die Monties Gimnasium Projek
Die nuwe gimnasium is 'n goedgekeurde projek wat die skool se sportkultuur, kondisionering, prestasievoorbereiding en algemene leerderontwikkeling kan versterk. Die fasiliteit sal verskeie sportsoorte ondersteun en 'n tasbare nalatenskap vir toekomstige generasies skep.
- Goedgekeurde planne beskikbaar
- Ondersteun verskeie sportsoorte
- Help met kondisionering, fiksheid en voorbereiding
- Versterk skooltrots en sportkultuur
- Skep langtermyn gemeenskapswaarde
Talentbehoud- en Ondersteuningsfonds
Hoërskool Montana het reeds begin om finansiële ondersteuning te bied aan kinders met sterk akademiese, sport- of kultuurvaardighede wat in die area bly. Volle leerderondersteuning beloop ± R50 000 per kind per jaar. Maatskappye kan 'n leerder ten volle ondersteun, of bydra tot gedeeltelike ondersteuning om meer leerders te help.
- Reeds aktief: ondersteuning vir talentvolle leerders
- Sport-, akademiese en kultuurondersteuning beskikbaar
- Volle leerderondersteuning: ± R50 000 per kind per jaar
- Gedeeltelike ondersteuning ook moontlik
- Hou plaaslike talent in die gemeenskap
Vennootskap
Moontlike vennootskapsopsies
Elke vennootskap word saam met die skool gestruktureer om sinvol, sigbaar en gepas te wees.
Hoofvennoot: Monties Gimnasium
'n Hoofvennoot kan 'n groot rol speel om die gimnasium-projek moontlik te maak deur befondsing, konstruksie, materiaal of 'n kombinasie van bydraes.
Erkenning
- Prominente erkenning op of binne die fasiliteit
- Erkenning op Hoerskool Montana se webblad
- Erkenning op KlubMonties se platform
- Sosiale media en skoolkommunikasie
- Erkenning tydens 'n amptelike bekendstelling
- Moontlike naam- of titelverbintenis vir groot bydraes
Konstruksie- en Diensvennoot
Besighede kan prakties help deur dienste, materiaal, arbeid, projekbestuur of spesialiswerk te borg.
Voorbeelde
- Bouwerk
- Elektriese werk
- Loodgieterswerk
- Vloerbedekking
- Vensters en deure
- Afwerkings
- Sekuriteit
- Signage
- Projekbestuur
Gimnasium-toerusting Vennoot
'n Vennoot kan help om die binnekant van die gimnasium funksioneel en professioneel toe te rus.
Voorbeelde
- Gewigte
- Kondisioneringstoerusting
- Vloeroppervlaktes
- Fiksheidstoetse
- Hersteltoerusting
- Berging
- Veiligheidstoerusting
Talentbehoud- en Ondersteuningsvennoot
'n Vennoot kan bydra tot 'n fonds wat reeds aktief finansiële ondersteuning bied aan talentvolle leerders in die area. Volle leerderondersteuning beloop ± R50 000 per kind per jaar.
Voorbeelde
- Goudvennoot: R50 000+ (volle leerderondersteuning)
- Silwervennoot: R25 000+ (gedeeltelike ondersteuningsbydrae)
- Bronsvennoot: R5 000 – R15 000 (gemeenskapsbydrae)
- "Saam maak ons 'n verskil"-vennoot (maandelikse bydrae)
Founding Legacy Partner
Hierdie opsie gee aan besighede, families, oud-leerders of individue die geleentheid om deel te wees van die stigtingsgroep wat die projek moontlik maak.
Erkenning
- Donor wall of legacy wall
- Webblad-erkenning
- Launch erkenning
- Langtermyn assosiasie met die projek
In-Kind Contribution Partner
Nie elke bydrae hoef kontant te wees nie. Materiaal, dienste, toerusting, afslag, kundigheid of netwerkverbindings kan 'n groot verskil maak.
Voorbeelde
- Materiaal teen kosprys
- Gratis of afslagdienste
- Professionele konsultasie
- Toerusting
- Vervoer
- Projekbeplanning
- Verwysings na ander potensiele vennote
Erkenning
Erkenning en sigbaarheid
Enige betekenisvolle bydrae tot die Monties Gimnasium-projek of Talentbehoud- en Ondersteuningsfonds sal met waardigheid en dankbaarheid erken word. Die skool wil graag vennote eer op ’n manier wat professioneel, sigbaar en gepas is.
- Erkenning op Hoërskool Montana se webblad saam met ander borge
- Erkenning op KlubMonties se platform
- Sosiale media blootstelling
- Foto’s en projekopdaterings
- Erkenning tydens amptelike bekendstellings of oorhandigings
- Moontlike naam- of titelverbintenis vir groot bydraes
- Donor wall of legacy wall
- Dankie-kommunikasie aan ouers en gemeenskap
- Erkenning by relevante skool- of sportgeleenthede
Word deel van Montieland se borgfamilie
Jou besigheid se naam saam met ’n skool wat elke dag in jongmense belê.
Impak
Die impak van hierdie vennootskap
Meer leerders kry toegang tot kwaliteit sportvoorbereiding
Talentvolle kinders kry rede om in die Montana-area te bly
Die skool word meer kompeterend teenoor ander top skole
Jongmense ontwikkel dissipline, fiksheid en selfvertroue
Sportspanne kan beter voorberei vir ligas, toere en kompetisies
Leerders met potensiaal kry toegang tot geleenthede
Die gemeenskap sien ’n tasbare voorbeeld van samewerking
Besighede, kerke, ouers en oud-leerders bou saam ’n nalatenskap
Dankie
Ons borge en vennote
Ons is dankbaar teenoor die besighede, instansies en individue wat reeds saam met Hoërskool Montana in ons jongmense belê.

Tyremart Montana

Laerskool Magalieskruin Bergfiets

Body20 Wonderboom

Build It Montana

Crawdaddy's Montana

Everest Advisory

Everest Protect

FPC Solutions

G&D Consultants

Just Imagine Properties

Kapele Energy

Lavender Kontreimark

Mike's Kitchen

Mobilodge

MotoMark

NTT Ford Pretoria

Penta Suzuki Montana

Pretoria Noord Toyota

TUT Ingenieurswese

Ubuntu Visions

Yami Sinoville
Uitnodiging
’n Uitnodiging aan strategiese vennote
Hoërskool Montana nooi besighede, gemeenskapsleiers, oud-leerders, ouers, diensverskaffers en strategiese vennote uit om deel te word van die Monties Gimnasium-projek en die Talentbehoud- en Ondersteuningsfonds.
Hierdie is ’n geleentheid om nie net ’n bydrae te maak nie, maar ’n nalatenskap te help bou. Deur befondsing, materiaal, dienste, konstruksie, toerusting, kundigheid of netwerkverbindings kan vennote help om Montana se jongmense te ontwikkel, te behou en toe te rus.
“Ons soek nie net borge nie. Ons soek vennote wat saam met ons aan die volgende generasie kan bou.”
Wil jy of jou besigheid betrokke raak?
Of jy ’n groot projek wil ondersteun, ’n sport wil borg, ’n advertensiebord wil bespreek of net wil hoor waar jou besigheid die beste kan pas — ons help graag.
Hoërskool Montana Borgskappe & Advertensiegeleenthede
